Hierdie blog is spesifiek gefokus op die debuutroman, OOS, van Marion Erskine. Dit bevat ekstra inligting en informasie en is 'n interaktiewe manier om met die skrywer self te kommunikeer. Kyk gerus, vra vrae en geniet.

Stuur gerus 'n epos na: zebrastreep@gmail.com

Sunday, November 4, 2007

Ou bekendes

Een van die lekkerste dinge tans, is om van daardie paar mense te hoor wat regtig die boek waardeer. Mens se naaste familie is mos veronderstel om baie daarvan te hou (dis nou as hulle enige goeie familie werd is). Maar dan kom die ander mense wie moet kritiek lewer. Daar is die resensente. O wee, vir hulle is 'n mens maar bang, want hulle kan jou soos 'n aasvoƫl uitmekaar ruk en seker maak nie eers jou stuitjie bly oor nie. Sover, is OOS redelik goed deur hulle aanvaar.

Maar ek praat van die ander mense. Diegene wat nie jou beste maats of familie is nie. Diegene wat jou wel verlangs ken of dalk glad nie. Daardie mense wie die boek lees, en vir jou een vir een laat terugweet dat jou boek 'n impak op hulle lewens gemaak het. Elke week sedert OOS uit is, kry ek hierdie spesifieke briefies. "Dankie dat jy ons laat Afrikaans lees!", en "Ek kon nie glo nie. Toe ek nog wou lees, toe's die (dik) boek klaar!". Hierdie mense is daardie ekstra woema wat skrywers-are nodig het. Dit maak my meer wil skryf en vir hierdie mense voorsien.

Etienne Bloemhof van Durbanville noem OOS 'n boek wat geskryf is in "eenvoudige, direkte Afrikaans" in sy BURGER resensie. En dis presies wie ek is. Ek wil nie 'n boek skryf wat verplig dat mense met 'n woordeboek langs hulle sit en lees nie. Ek skryf sommer net uit my hart en gebruik 'eenvoudige' Afrikaans vir 'n publiek wat honger is vir iets waarmee hulle kan identifiseer.

Ek is ewig dankbaar om te hoor meeste mense geniet die boek. Ek WIL 'n skrywer wees, en een bly.

1 comment:

Unknown said...

My liewe mense,

Aangesien ek Marion ken, was dit vir my soooo interessant om te sien hoe van die einaardige goed wat hy daar ondervind het so... wats die woord? enige iemand?! any way, in mekaar gerol het. Geskryf soos NET Marion kan. Wat die humor in die mees ongemaklike en ongewone situasie kan sien. Ek het eintlik net een issue met die boek gehad... um, dalk is daar 'n paar van julle wat ook so voel, maar, is te DAMN kort!!!!!
PS. Youre gona love this! Spirit of the Great Heart word nou oor opgeneem, met 'n ton SA bekendes. karen Zoid, Arno Karstens, Cito... en eerlik kan ek nie die res onthou nie... maar hou youtube dop, as iemand dit dalk gerip kry!