Hierdie blog is spesifiek gefokus op die debuutroman, OOS, van Marion Erskine. Dit bevat ekstra inligting en informasie en is 'n interaktiewe manier om met die skrywer self te kommunikeer. Kyk gerus, vra vrae en geniet.

Stuur gerus 'n epos na: zebrastreep@gmail.com

Friday, October 26, 2007

Book Launch : Té ver oos

Verlede Donderdagaand, 25 Oktober, was die groot bekendstelling in Kaapstad en 4 van die 5 skrywers was daar. Almal behalwe ek. Heng, daar is baie emosies wat gepaard gaan met so iets. Eers dink jy "Dis net 'n launch", maar voor jy kan sê : Vyf Ses Skerp Mes dan tref die realiteit jou soos die Vuil Skottelgoed wat al van verlede week af ophoop agv jou besige skedule.

Jy's opgewonde en hartseer gelyktydig. 'n Bittersoet Hemelhel wat tref. Hard tref.

'n Paar mense het my gevra hoekom ek nie maar 'n plan maak om SA toe te gaan nie. Die lewe in Taiwan werk nie soos by die huis nie. Hier is jy onder so 'n sterk kontrak dat al gaan jou eie bloedfamilie dood, die oë getrek word. Daar is nie gevoel vir so iets nie. Toe ek my baas vertel van die groot dag in my lewe, het sy geglimlag en gesê: "Oh, that's nice. Don't get too famous, because you still have to work here."

Ek is so dankbaar vir die vriende wat ek wel het. Die mense in Taiwan het my baie ondersteun en dan nog boonop al my maats wat ek hier gemaak het hy my trots gaan verteenwoordig in Kaapstad. My ma - of Moemin - soos ek haar noem, was ook daar in my plek. Blykbaar was die geleentheid baie lekker en die skrywers is almal 'n Goblet Club vol talent. Ek kan nie wag om hulle eendag een vir een te ontmoet nie.

Sodra die skywery die rekeninge eendag betaal, sal ek my bes probeer om by elke geleentheid te wees.

Dis lekker aan hierdie kant van die wêreld, maar soms.. net soms ... té ver Oos.

1 comment:

Unknown said...

Ek het Marion se boek baie geniet. Die storie is boeiend en het my tot aan die einde aan die raai gehou. Sy beskrywings van Taiwan plaas die roman in ‘n ander katogorie as net die gewone roman. Sy beskrywing koppel ook ‘n ander dimensie aan die karakters. Dit is duidelik dat Marion eerstehandse kennis het van hoe dit is om as vreemdeling in Taiwan te woon. Enigeen wat al moes nesskop in 'n vreemde land sal kan identifiseer met die karakters se krissise en oorlewingstrategiee. Mense wat egter nog nooit ‘n ander kultuur soos die Chinese kultuur beleef het nie, sal steeds kan identifiseer met die karakters. Ek beveel die boek ten sterkste aan … en wie weet , dalk leer jy dalk nog ‘n ding of twee omtrent Chinese mense en hul Kultuur.