Hierdie blog is spesifiek gefokus op die debuutroman, OOS, van Marion Erskine. Dit bevat ekstra inligting en informasie en is 'n interaktiewe manier om met die skrywer self te kommunikeer. Kyk gerus, vra vrae en geniet.

Stuur gerus 'n epos na: zebrastreep@gmail.com

Monday, December 24, 2007

Spirit of the Great Heart

Hierdie bekende liedjie van Johnny Clegg en Savuka was nie net een van my gunsteling liedjies van alle tye nie, maar dit het my altyd hoop gegee wanneer ek daarna luister. Krag vir 'n nuwe dag. Ek het geweet dat hierdie liedjie genoeg woema het wat Louis nodig gehad het om hom deur enige iets te kry.

Groot was my verbasing toe ek verneem dat dit heropgeneem is in dieselfde tyd as wat OOS vrygestel is. Ek was so in my skik met hierdie video. Kyk gerus en geniet!
(Dankie vir tip off Nadine!)

Friday, December 21, 2007

Anelle wen met 87%


Ek het mense so opinies gevra oor wie hulle gunsteling karakter in die boek was. Anelle Smit het die Moscar (Marion se Oscar) gewen vir 'Gunsteling Karakter in 'n Debut Roman' met 'n skokkende 87% van die stemme.

Anelle kon ongelukkig nie hier wees vir die oorhandiging van die Moscar nie, maar het wel die volgende te sê gehad :


"Dankie almal. Ek voel behoorlik soos 'n bleddie kwak omdat my tragedies julle so na aan die hart geraak het. Maar ek weet Marion moes dit doen, anders het julle al op bladsy 5 ophou lees. Die toekenning is 'n groot eer. Ek hoop om julle almal in die toekoms te sien."

Leser Terugvoer 1


Ek wil baie dankie sê vir al die briefies en briewe wat van oral oor instroom om te sê dat julle OOS geniet het. Ek kan nie eers begin om te beskryf wat dit vir my beteken nie. Die feit dat ek julle kan saam vat op Louis se reis en my wêreld was 'n paar jaar terug net 'n droom en ek moet erken, ek is oorweldig deur die positiewe kommentaar. Dit spoor my aan om harder te werk en nog beter te skryf. Ek deel graag met julle wat 'n paar mense sê:


Christie-Anne in Sandton skryf:

Wanneer mens weg raak in hierdie boek, is dit asof mens in die karakter se lewe kan inklim, en alles ervaar soos wat hy doen. Die smake, nuwe land en nuwe kulture. Goeie humor en mens kan eenvoudig nie die boek neersit totdat mens hom klaar gelees het nie. As mens iemand wil bederf met lekker lees, is dit nou die boek!


Marcelle in Taiwan, skryf:

Ek het Marion se boek baie geniet. Die storie is boeiend en het my tot aan die einde aan die raai gehou. Sy beskrywings van Taiwan plaas die roman in ‘n ander katogorie as net die gewone roman. Sy beskrywing koppel ook ‘n ander dimensie aan die karakters. Dit is duidelik dat Marion eerstehandse kennis het van hoe dit is om as vreemdeling in Taiwan te woon. Enigeen wat al moes nesskop in 'n vreemde land sal kan identifiseer met die karakters se krissise en oorlewingstrategiee. Mense wat egter nog nooit ‘n ander kultuur soos die Chinese kultuur beleef het nie, sal steeds kan identifiseer met die karakters. Ek beveel die boek ten sterkste aan … en wie weet , dalk leer jy dalk nog ‘n ding of twee omtrent Chinese mense en hul Kultuur.


Ben uit die Wesrand skryf:

Wel die rede hoekom ek skryf is om te se dat ek heel toevallig op jou boek, OOS, afgekom het in 'n boek winkel. Ek is nie regtig die lees tipe nie maar om die waarheid te vertel. Ek het hom klaar gelees in 2 dae. En vir iemand om dit reg te kry met my is Blerry goed.

Rencia skryf:

Ek het jou boek in twee dae verslind, kon dit net nie neersit toe ek eers begin lees het nie. Jong jy het my ook `n paar keer lekker laat lag, soos by die troue en die skilpadsop en die keer toe hulle die bom dril gehad het.

Adele uit Brits skryf:

Vrydag aand is ek terug huis toe en het met Oos in die bed gaan klim. Maar ja voor ek daar uitgekom het, het ek in die sitkamer gesit en dit boek vasgehou en bekyk en sommer 'n traan gepik van die grootsheid daarvan om "Oos" te kan vashou. Dit was verseker 'n WOW oomblik en weer het ek so trots gevoel op jou dat jy dit gedoen het. Ek het sommer al 'n goeie stuk gelees die Vrydag-aand en was maar Saterdag ook in die bed en het ook 'n goeie stuk gelees. Ek geniet dit werklik sover en ja jy was SO reg toe jy gesê het hoe ek met als sal kan identifiseer. Elke geluid kan ek hoor, elke reuk kan ek ruik en so is al daai prentjies in my kop vasgevang soos ek lees. Wat 'n wonderlike boek om my lewe in Taiwan altyd te onthou, dankie vir jou wat dit moontlik gemaak het. WELL DONE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Laura from Cape Town writes:

Hi Marriesie,
Just a quick mail which I was supposed to send yesterday to say – I FINISHED OOS!!!!!!!! My first Afrikaans book and I thoroughly enjoyed it! It was so cool. I loved ‘escaping’ into the book which felt like I was ‘escaping’ back into Taiwan. I wanted to ask who are the people on the front cover of the book? And what did the Chinese characters down the centre of the pages mean? Baie dankie vir die lekker boek. Ek kan nie wag om die volgende een te lees nie.

(Laura, watch the blog, I will soon translate each chapter's Chinese on the blog. Each string of characters represent a Chinese proverb. M)

Nadine in Gauteng, skryf:

My liewe mense. Aangesien ek Marion ken, was dit vir my soooo interessant om te sien hoe van die einaardige goed wat hy daar ondervind het so... wats die woord? enige iemand?! any way, in mekaar gerol het. Geskryf soos NET Marion kan. Wat die humor in die mees ongemaklike en ongewone situasie kan sien. Ek het eintlik net een issue met die boek gehad... um, dalk is daar 'n paar van julle wat ook so voel, maar, is te DAMN kort!!!!!PS. Youre gona love this! Spirit of the Great Heart word nou oor opgeneem, met 'n ton SA bekendes. karen Zoid, Arno Karstens, Cito... en eerlik kan ek nie die res onthou nie... maar hou youtube dop, as iemand dit dalk gerip kry!