Hierdie blog is spesifiek gefokus op die debuutroman, OOS, van Marion Erskine. Dit bevat ekstra inligting en informasie en is 'n interaktiewe manier om met die skrywer self te kommunikeer. Kyk gerus, vra vrae en geniet.

Stuur gerus 'n epos na: zebrastreep@gmail.com

Monday, December 24, 2007

Spirit of the Great Heart

Hierdie bekende liedjie van Johnny Clegg en Savuka was nie net een van my gunsteling liedjies van alle tye nie, maar dit het my altyd hoop gegee wanneer ek daarna luister. Krag vir 'n nuwe dag. Ek het geweet dat hierdie liedjie genoeg woema het wat Louis nodig gehad het om hom deur enige iets te kry.

Groot was my verbasing toe ek verneem dat dit heropgeneem is in dieselfde tyd as wat OOS vrygestel is. Ek was so in my skik met hierdie video. Kyk gerus en geniet!
(Dankie vir tip off Nadine!)

Friday, December 21, 2007

Anelle wen met 87%


Ek het mense so opinies gevra oor wie hulle gunsteling karakter in die boek was. Anelle Smit het die Moscar (Marion se Oscar) gewen vir 'Gunsteling Karakter in 'n Debut Roman' met 'n skokkende 87% van die stemme.

Anelle kon ongelukkig nie hier wees vir die oorhandiging van die Moscar nie, maar het wel die volgende te sê gehad :


"Dankie almal. Ek voel behoorlik soos 'n bleddie kwak omdat my tragedies julle so na aan die hart geraak het. Maar ek weet Marion moes dit doen, anders het julle al op bladsy 5 ophou lees. Die toekenning is 'n groot eer. Ek hoop om julle almal in die toekoms te sien."

Leser Terugvoer 1


Ek wil baie dankie sê vir al die briefies en briewe wat van oral oor instroom om te sê dat julle OOS geniet het. Ek kan nie eers begin om te beskryf wat dit vir my beteken nie. Die feit dat ek julle kan saam vat op Louis se reis en my wêreld was 'n paar jaar terug net 'n droom en ek moet erken, ek is oorweldig deur die positiewe kommentaar. Dit spoor my aan om harder te werk en nog beter te skryf. Ek deel graag met julle wat 'n paar mense sê:


Christie-Anne in Sandton skryf:

Wanneer mens weg raak in hierdie boek, is dit asof mens in die karakter se lewe kan inklim, en alles ervaar soos wat hy doen. Die smake, nuwe land en nuwe kulture. Goeie humor en mens kan eenvoudig nie die boek neersit totdat mens hom klaar gelees het nie. As mens iemand wil bederf met lekker lees, is dit nou die boek!


Marcelle in Taiwan, skryf:

Ek het Marion se boek baie geniet. Die storie is boeiend en het my tot aan die einde aan die raai gehou. Sy beskrywings van Taiwan plaas die roman in ‘n ander katogorie as net die gewone roman. Sy beskrywing koppel ook ‘n ander dimensie aan die karakters. Dit is duidelik dat Marion eerstehandse kennis het van hoe dit is om as vreemdeling in Taiwan te woon. Enigeen wat al moes nesskop in 'n vreemde land sal kan identifiseer met die karakters se krissise en oorlewingstrategiee. Mense wat egter nog nooit ‘n ander kultuur soos die Chinese kultuur beleef het nie, sal steeds kan identifiseer met die karakters. Ek beveel die boek ten sterkste aan … en wie weet , dalk leer jy dalk nog ‘n ding of twee omtrent Chinese mense en hul Kultuur.


Ben uit die Wesrand skryf:

Wel die rede hoekom ek skryf is om te se dat ek heel toevallig op jou boek, OOS, afgekom het in 'n boek winkel. Ek is nie regtig die lees tipe nie maar om die waarheid te vertel. Ek het hom klaar gelees in 2 dae. En vir iemand om dit reg te kry met my is Blerry goed.

Rencia skryf:

Ek het jou boek in twee dae verslind, kon dit net nie neersit toe ek eers begin lees het nie. Jong jy het my ook `n paar keer lekker laat lag, soos by die troue en die skilpadsop en die keer toe hulle die bom dril gehad het.

Adele uit Brits skryf:

Vrydag aand is ek terug huis toe en het met Oos in die bed gaan klim. Maar ja voor ek daar uitgekom het, het ek in die sitkamer gesit en dit boek vasgehou en bekyk en sommer 'n traan gepik van die grootsheid daarvan om "Oos" te kan vashou. Dit was verseker 'n WOW oomblik en weer het ek so trots gevoel op jou dat jy dit gedoen het. Ek het sommer al 'n goeie stuk gelees die Vrydag-aand en was maar Saterdag ook in die bed en het ook 'n goeie stuk gelees. Ek geniet dit werklik sover en ja jy was SO reg toe jy gesê het hoe ek met als sal kan identifiseer. Elke geluid kan ek hoor, elke reuk kan ek ruik en so is al daai prentjies in my kop vasgevang soos ek lees. Wat 'n wonderlike boek om my lewe in Taiwan altyd te onthou, dankie vir jou wat dit moontlik gemaak het. WELL DONE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Laura from Cape Town writes:

Hi Marriesie,
Just a quick mail which I was supposed to send yesterday to say – I FINISHED OOS!!!!!!!! My first Afrikaans book and I thoroughly enjoyed it! It was so cool. I loved ‘escaping’ into the book which felt like I was ‘escaping’ back into Taiwan. I wanted to ask who are the people on the front cover of the book? And what did the Chinese characters down the centre of the pages mean? Baie dankie vir die lekker boek. Ek kan nie wag om die volgende een te lees nie.

(Laura, watch the blog, I will soon translate each chapter's Chinese on the blog. Each string of characters represent a Chinese proverb. M)

Nadine in Gauteng, skryf:

My liewe mense. Aangesien ek Marion ken, was dit vir my soooo interessant om te sien hoe van die einaardige goed wat hy daar ondervind het so... wats die woord? enige iemand?! any way, in mekaar gerol het. Geskryf soos NET Marion kan. Wat die humor in die mees ongemaklike en ongewone situasie kan sien. Ek het eintlik net een issue met die boek gehad... um, dalk is daar 'n paar van julle wat ook so voel, maar, is te DAMN kort!!!!!PS. Youre gona love this! Spirit of the Great Heart word nou oor opgeneem, met 'n ton SA bekendes. karen Zoid, Arno Karstens, Cito... en eerlik kan ek nie die res onthou nie... maar hou youtube dop, as iemand dit dalk gerip kry!

Sunday, November 11, 2007

Daniel en die blommetjie

November het aangebreek en saam met dit die winterkloue wat mens veral voel wanneer jy die strate op jou scooter aandurf. Ek kry letterlik boodskappe wêreldwyd oor die boek en dis 'n ongelooflike gevoel. Maar veral mense wat jou goed ken vra een belangrike vraag: Hoe waar is jou fiksie? Tom Clancy sê: "The difference between fiction and reality is that fiction has to make sense" en ek kan dit nie beter stel nie. Natuurlik sal dinge wat ek waargeneem het, gevoel het en ervaar het, my karakters help bou, maar meeste van my karakters in die boek is pure fiksioneel. Ek was al op al daardie plekke waarvan ek skryf en daarom kan ek eerstehands verduidelik hoe die karakters voel. Maar een karakter, selfs sy naam, was baie waar.

Klein Daniel Wang het in my lewe ingekom terwyl ek in 2003 by 'n kleuterskool gewerk het. Enigste kind, klein seuntjie en dieselfde hondjie hemp waarvan ek praat in die boek. Hy't ook 'n lisp gehad en my Teacha genoem. Maar die ding van Daniel wat my die hardste geruk het, was die blommetjie storie. Ek het gewéét dat as ek ooit 'n boek gaan skryf, ek van die blommetjies vertel. Daar was nie 'n idee op daardie stadium om Daniel op die einde van die boek eers te gebruik nie.

Daardie dag toe ek buite kom en sien hoe Daniel se blommetjie mooier is as al die ander om syne, het my lewe 'n groot ommekeer gehad. Ek het geleer om die lewe te aanskou uit die oë van 'n kind en baie dinge het ek met daardie 'childlike faith' aangepak wat mense van praat. Hier is nou 'n foto van die blommetjies, net sodat julle sien dat sommige fiksie gebasseer is op baie streng werklikhede. In die foto kan mens nie so mooi sien nie, maar daar het letterlik dou druppels op sy blommetjie gelê. 'n Pure wonderwerk.




DANIEL SE BLOMMETJIE IS DIE ROOI EEN REGS. MOEKLIK OM TE SIEN, Né


Soms moet ons net weer na die kinders kyk, en ophou konsentreer op die rat race daarbuite.

Sunday, November 4, 2007

Ou bekendes

Een van die lekkerste dinge tans, is om van daardie paar mense te hoor wat regtig die boek waardeer. Mens se naaste familie is mos veronderstel om baie daarvan te hou (dis nou as hulle enige goeie familie werd is). Maar dan kom die ander mense wie moet kritiek lewer. Daar is die resensente. O wee, vir hulle is 'n mens maar bang, want hulle kan jou soos 'n aasvoël uitmekaar ruk en seker maak nie eers jou stuitjie bly oor nie. Sover, is OOS redelik goed deur hulle aanvaar.

Maar ek praat van die ander mense. Diegene wat nie jou beste maats of familie is nie. Diegene wat jou wel verlangs ken of dalk glad nie. Daardie mense wie die boek lees, en vir jou een vir een laat terugweet dat jou boek 'n impak op hulle lewens gemaak het. Elke week sedert OOS uit is, kry ek hierdie spesifieke briefies. "Dankie dat jy ons laat Afrikaans lees!", en "Ek kon nie glo nie. Toe ek nog wou lees, toe's die (dik) boek klaar!". Hierdie mense is daardie ekstra woema wat skrywers-are nodig het. Dit maak my meer wil skryf en vir hierdie mense voorsien.

Etienne Bloemhof van Durbanville noem OOS 'n boek wat geskryf is in "eenvoudige, direkte Afrikaans" in sy BURGER resensie. En dis presies wie ek is. Ek wil nie 'n boek skryf wat verplig dat mense met 'n woordeboek langs hulle sit en lees nie. Ek skryf sommer net uit my hart en gebruik 'eenvoudige' Afrikaans vir 'n publiek wat honger is vir iets waarmee hulle kan identifiseer.

Ek is ewig dankbaar om te hoor meeste mense geniet die boek. Ek WIL 'n skrywer wees, en een bly.

Friday, October 26, 2007

Book Launch : Té ver oos

Verlede Donderdagaand, 25 Oktober, was die groot bekendstelling in Kaapstad en 4 van die 5 skrywers was daar. Almal behalwe ek. Heng, daar is baie emosies wat gepaard gaan met so iets. Eers dink jy "Dis net 'n launch", maar voor jy kan sê : Vyf Ses Skerp Mes dan tref die realiteit jou soos die Vuil Skottelgoed wat al van verlede week af ophoop agv jou besige skedule.

Jy's opgewonde en hartseer gelyktydig. 'n Bittersoet Hemelhel wat tref. Hard tref.

'n Paar mense het my gevra hoekom ek nie maar 'n plan maak om SA toe te gaan nie. Die lewe in Taiwan werk nie soos by die huis nie. Hier is jy onder so 'n sterk kontrak dat al gaan jou eie bloedfamilie dood, die oë getrek word. Daar is nie gevoel vir so iets nie. Toe ek my baas vertel van die groot dag in my lewe, het sy geglimlag en gesê: "Oh, that's nice. Don't get too famous, because you still have to work here."

Ek is so dankbaar vir die vriende wat ek wel het. Die mense in Taiwan het my baie ondersteun en dan nog boonop al my maats wat ek hier gemaak het hy my trots gaan verteenwoordig in Kaapstad. My ma - of Moemin - soos ek haar noem, was ook daar in my plek. Blykbaar was die geleentheid baie lekker en die skrywers is almal 'n Goblet Club vol talent. Ek kan nie wag om hulle eendag een vir een te ontmoet nie.

Sodra die skywery die rekeninge eendag betaal, sal ek my bes probeer om by elke geleentheid te wees.

Dis lekker aan hierdie kant van die wêreld, maar soms.. net soms ... té ver Oos.

Wednesday, October 24, 2007

Die Betelneut

OOS begin sommer in Stuk 1 met die betelneut kultuur. Dit is so eie aan Taiwan soos wat die betelneut meisies is. Hier is 'n paar fotos om die kultuur 'n bietjie beter te verduidelik:


Die betelneut groei aan hierdie hoë bome wat baie soos palmbome lyk. Dié bome staan die hele Taiwan vol en hulle verskaf 'n groot deel van Taiwan se ekonomie. Tog is die wortels baie vlak en die bome is baie sleg vir gronderosie.





So lyk die neute nadat dit voorberei is.

Hier is 'n paar fotos van betelneutmeisies:
(Sneeuwitjie en die Glaskas)




Tobie Obenshaw, 'n Suid-Afrikaner hier in Taiwan het baie navorsing en fotos oor dié meisies. Kyk gerug 'n bietjie na van sy werk:




Saturday, October 13, 2007

Ek was vreeslik opgewonde om hierdie artikel op die Internet te kry vandag. Ek weet nie wie verantwoordelik was vir die resensie nie, maar dis soveel beter gesê as wat ek ooit kon:

Dit is die bittersoet verhaal oor die ervaringe van ’n groep Suid-Afrikaners wat tydelik in Taiwan werk. Dit is ’n eksotiese verhaal, nie net as gevolg van die ruimte waarin dit afspeel nie, maar ook op grond van die ekstreme van uitbundige sentiment en die donker ondertone daarvan – dit s ’n oorvloedige ruiker van kleur en intrige.
Die verteller, Louis, kom in Taiwan aan om vir laerskoolleerlinge Engels te gee. Sy enigste kontak in hierdie wildvreemde land is ’n internet-vriend wat hom bekend gestel het aan die moontlikheid om in Taiwan Engels te gee. Deur hierdie kontak kom hy in aanraking mat ’n klomp jong Suid-Afrikaners en hul Chinese vriende, en dit is hoe hy bekend gestel word aan ’n absoluut vreemde kultuur en gewoontes wat vir hom die raarste gewoontes is wat hy nog teëgekom het. Hierdie ryk en vermaaklike ontdekkings word egter onderlê deur ’n dieper en uiteindelik ook ’n donkerder soektog. Die groep vriende moet ’n greep op eie identiteit kry, asook op die skimme wat by hulle sal bly spook so lank as wat hulle van die een tydelike werk in ’n wildvreemde land na die ander weghardloop. En niks benadruk dit sterker nie as die blootstelling aan van Taiwan se donkerder werklikhede – die voortdurende bedreiging van ’n aanval deur China en die sluimerende gevaar van ’n aardbewing. Die verhaal word egter nooit somber nie. Dit is ook ’n tere liefdesverhaal, ’n verhaal oor vriendskap en lojaliteit. Dit is tot barstens toe vol uitbundige, jeugdige geskerts, en is ’n vreugdevolle viering van die lewe en sy ingewikkeldhede.
*
A bittersweet tale of a group of South African youngsters’ experiences while working temporarily in Taiwan. It is an exotic tale, not only in the setting but also in the extremes of vivacious sentiments and their dark undertones, a sumptuous bouquet of colour and intrigue.
The narrator, Louis, arrives in Taiwan to teach English to Chinese speaking kids. His only contact in this foreign country is an Internet friend who introduced him to the idea of teaching in Taiwan. Through this contact he meets a group of South African youngsters and their Chinese friends, and that is how he gets acquainted with a completely strange culture and what is to him the most outlandish customs. This rich and amusing discovery is, however, underpinned by a deeper and eventually also a darker exploration. The group of friends have to come to grips with their own identities, and the phantoms that would haunt them for as long as they keep running from the one temporary occupation in a foreign country to the other. And nothing emphasises this more clearly than the exposure to some of Taiwan’s starker realities – the continuous threat of an attack from the mainland and imminent danger of an earthquake. But the tale never gets gloomy. It is also a tender love story, and a tale of friendship and loyalty. It abounds with exuberant, youthful banter, and a joyous celebration of life and its intricacies.

Meer oor die ander wenners kan gelees word by:

http://nb.book.co.za/2007/10/11/book-launch-the-five-fruits-of-the-ek-is-n-skrywer-programme/

Thursday, October 4, 2007

Tifone

Louis van Jaarsveld vertel van hoe tifone die arme Taiwan teister sommige seisoene. Hierdie jaar (2007) het ons meer as 5 tifone gehad wat 'n direkte impak op Taiwan gehad het. Die nuutste supertifoon, Krosa ('kraanvoël' in Khmer) het 'n perfekte oog gehad. Dis fasinerend om so iets te aanskou. Dié storms is gewoonlik 'n goeie 10 maal groter as die eiland self en lyk vreesaanjaend.




Krosa het fratswinde wat tot 63 meter per sekond waai. Dit is min of meer so 230 km/h. Glo vir my, so 'n wind gooi jou behoorlik van jou scooter af. En daarom is dit maar beter om binne te bly gedurende so tyd.



Meeste mense bly aan die Weskus en daarom slaan so 'n tifoon gewoonlik in die berge vas. Die mense aan die Ooskus kry baie skade met so iets. Dit laat my net weer dink hoe gelukkig Suid-Afrika is. Ons is een van dit min lande wat geen natuurlike peste soos dié het nie.

Saturday, September 29, 2007

Louis en die wit lig

Terwyl ek aan OOS gewerk het, het hierdie liedjie van die groep SIMPLE PLAN uitgekom. Dit is my tema liedjie vir die eerste hoofstuk. Hier is die woorde asook die musiek video op youtube.



Simple Plan - How could this happen to me?

I open my eyes
I try to see but I'm blinded by the white light.
I can't remember how,
I can't remember why,
I'm lying here tonight,
And I can't stand the pain,
And I can't make it go away,
No I can't stand the pain.

*CHORUS*
How could this happen to me?
I've made my mistakes,
Got nowhere to run,
The night goes on, as I'm fading away.
I'm sick of this life.
I just want to scream,
"How could this happen to me?"

Everybody's screaming,
I try to make a sound but no one hears me.
I'm slipping off the edge.
I'm hanging by a thread.
I want to start this over again.
[How Can This Happen To Me lyrics on http://www.metrolyrics.com]

So I try to hold,
On to a time when,
Nothing mattered.
And I can't explain,
What happened and I can't erase the things that I've done.
No I can't.

*CHORUS*
How could this happen to me?
I've made my mistakes,
Got nowhere to run,
The night goes on.As I'm fading away,
I'm sick of this life.
I just want to scream,
"How could this happen to me?"

I've made my mistake,
Got nowher to run,
The night goes on. As i'm Fading away,
I'm sick of this life.
I just want to scream,
"How could this happen to me?"

Die Vrug

Om 'n passie te hê vir enige ding, is nie moeilik nie. Om iets kreatiefs te skep met daardie passie is makliker gesê as gedaan. Op 27 September het ek moeg van die werk af terug in my Taiwanse woonstel ingestap. Lang dag. Voor my op die tafel het 'n pakkie gelê.

My maag het gedraai. Dit kan nie wees nie. Is dit wat ek dink dit is? Gretig het ek die pakkie oopgeskeur en binne het die vrug van jare se werk gelê. My eerste roman.

Kyk, daar is min gevoelens in die wêreld wat so iets top. Kom ek deel net eers iets van myself. Die dag toe ek graad vang, was ek die enigste een wat nie werklik geglimlag het van oor tot oor nie. Toe ek daar staan met daai papier met nét my naam en graadnaam op, was ek woedend. Sommer baie kwaad. Waar presies staan hoeveel ure ek in daai bib moes struggle? Waar staan presies met hoeveel moeite ek my skripsie geskryf het? Hoekom noem hulle nie eers die verskil van 'n 50% en 'n 79% nie?

Maar OOS was anders. Ek het my baba, my nuwe skepping in my hand vasgehou. Dit was dikker as my graad en deurtrek met 'my woorde'. Dit vertel 'n storie waaroor ek passievol is. En daarom het net een woord in my kop opgekom: accomplisment. Verskoon die Engels, maar hier in die Verre Ooste dink ek bitter min in Afrikaans.

Ek hoop van harte dat OOS julle harte kan raak en dat julle die boek sal geniet soveel soos wat ek dit geskryf het.

Marion.