Hierdie blog is spesifiek gefokus op die debuutroman, OOS, van Marion Erskine. Dit bevat ekstra inligting en informasie en is 'n interaktiewe manier om met die skrywer self te kommunikeer. Kyk gerus, vra vrae en geniet.

Stuur gerus 'n epos na: zebrastreep@gmail.com

Friday, December 21, 2007

Anelle wen met 87%


Ek het mense so opinies gevra oor wie hulle gunsteling karakter in die boek was. Anelle Smit het die Moscar (Marion se Oscar) gewen vir 'Gunsteling Karakter in 'n Debut Roman' met 'n skokkende 87% van die stemme.

Anelle kon ongelukkig nie hier wees vir die oorhandiging van die Moscar nie, maar het wel die volgende te sĂȘ gehad :


"Dankie almal. Ek voel behoorlik soos 'n bleddie kwak omdat my tragedies julle so na aan die hart geraak het. Maar ek weet Marion moes dit doen, anders het julle al op bladsy 5 ophou lees. Die toekenning is 'n groot eer. Ek hoop om julle almal in die toekoms te sien."

No comments: