My maag het gedraai. Dit kan nie wees nie. Is dit wat ek dink dit is? Gretig het ek die pakkie oopgeskeur en binne het die vrug van jare se werk gelê. My eerste roman.

Kyk, daar is min gevoelens in die wêreld wat so iets top. Kom ek deel net eers iets van myself. Die dag toe ek graad vang, was ek die enigste een wat nie werklik geglimlag het van oor tot oor nie. Toe ek daar staan met daai papier met nét my naam en graadnaam op, was ek woedend. Sommer baie kwaad. Waar presies staan hoeveel ure ek in daai bib moes struggle? Waar staan presies met hoeveel moeite ek my skripsie geskryf het? Hoekom noem hulle nie eers die verskil van 'n 50% en 'n 79% nie?
Maar OOS was anders. Ek het my baba, my nuwe skepping in my hand vasgehou. Dit was dikker as my graad en deurtrek met 'my woorde'. Dit vertel 'n storie waaroor ek passievol is. En daarom het net een woord in my kop opgekom: accomplisment. Verskoon die Engels, maar hier in die Verre Ooste dink ek bitter min in Afrikaans.
Ek hoop van harte dat OOS julle harte kan raak en dat julle die boek sal geniet soveel soos wat ek dit geskryf het.
Marion.
No comments:
Post a Comment