Ek het sonder 'n druppel energie na vyf my op rekenaarstoel gaan neerploeg en hier wag 'n boodskap van iemand wat ek glad nie ken nie. Hanneke van die Kaap vra my of ek die skrywer van OOS is en laat my weet hoe baie sy die boek geniet het en dit al soveel keer oorgelees het.
Nou dit is oomblikke soos hierdie wat baie meer werd is as al die goud op die planeet. Dit is asof 'n nuwe gees of vuur in mens se are inblaas en asof jy sommer skielik net moed het vir alles wat jy nog moet aanpak. Dis soms al wat mens nodig het. Hanneke, baie baie dankie. Dis mense soos jy wat my inspireer om harder te werk, my sokkies op te trek en nog 'n paar boeke agter my naam te kry.
Jy was soos 'n engel in 'n baie donker storm.